Nederlandse dwelmsmouse by OR Tambo vasgetrek

Polisie by die OR Tambo Internasionale Lughawe het die week twee Nederlandse burgers in afsonderlike voorvalle vasgetrek en beslag gelê op 80-kilogram Khat. Die verdagtes is aangekeer toe hulle aan boord wou gaan. Polisiewoordvoerder Amanda van Wyk sê albei sal in die Kemptonparkse Landdroshof verskyn. Dit is die 13de dwelmverwante arrestasie by die lughawe die afgelope tyd.