Nedbank eis M$2,7m, en plaas, by Danie Botes

Nedbank eis betaling van amper 2,7 miljoen Namibiese dollar by die bekende Lared Brahman-stoetteler, Danie Botes. In sy stukke sê die bank, Botes het in Mei verlede jaar, agterstallig geraak op die betaling van twee lenings by die bank. Volgens die bank, is Botes se 6 000-hektaar plaas Ongoro-Gotjari in die Khomas-streek as sekerheid aangebied en dus eis die bank ook die grond. Die partye het blykbaar gepoog om te skik maar dit was onsuksesvol. Die prokureurs vra vanoggend dat regter Shafimana Ueitele nuwe datums vasstel vir die indiening van stukke en dat die saak uitgestel word tot 30 Junie vir saakbestuur.