NDP6 wil transport-infrastruktuur, water en sanitasie aanspreek
Die Nasionale Beplanningskommissie het begin met die formuleringsproses vir die Sesde Nasionale Ontwikkelingsprogram, NDP6, deur openbare konsultasies dwarsoor al 14 streke en in elk van die 121 kiesafdelings. Die tema van die NDP6 is “die bevordering van herstel, inklusiwiteit en veerkragtigheid vir kwaliteit- en volhoubare ontwikkeling”. Obeth Kandjoze, die direkteur-generaal van die Nasionale Beplanningskommissie, sê daar’s baie werk wat voorlê aan onder meer water en sanitasie in die land.