NDP6 neem misdaad onder die loep

Die sesde ontwikkelingsplan sal volgens berigte oorgrensmisdaad, grensbeheer, staatloosheid onder streeksinwoners en toegang tot geregtigheid teiken. Die adjunk-uitvoerende direkteur in die justisie-ministerie, John Shimaneni, sê wetstoepassing en die benutting van tegnologie in die bekamping van georganiseerde misdaad en mensehandel sal ook onder die loep kom. Nog ‘n uiters belangrike aspek is die koste van regsverteenwoordiging en wysigings aan die wetgewing rakende regshulp sal ook gedoen word.