NDP5 ook ‘n reuse-mislukking

Die Nasionale Ontwikkelingsplan-5, NDP5, wat reeds in 2022 verval het, het verskeie ambisieuse planne nagejaag. Volgens die plan moes daar in 2022 net 24,2 persent jeugwerkloosheid wees en slegs 10 persent van Namibiërs wat armoedig is. Die realiteit is dat jeugwerkloosheid en armoede skerp toegeneem het. Daar is nog geen opgedateerde ontwikkelingsplan vrygestel nie. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met die politieke ontleder Dr. Ndumba Kamwanya, wat uitlig hoekom ontwikkelingsteikens nie behaal word nie.