NDF-rekruut sterf tydens opleiding op Osona

Die Namibiese Weermag het die dood van ‘n 26-jarige rekruut, wat militêre opleiding by die Osona-basis in Okahandja ondergaan het, bevestig. NDF-woordvoerder, kolonel Petrus Shilumbu, sê die oorledene, Johan Pieterse, afkomstig van die Hardap-streek, het op 28 Desember gesterf nadat hy omstreeks agt-uur die oggend tydens ‘n fiksheidsoefening ineengestort het. Hy is na die Okahandja-staatshospitaal gehaas, waar hy met sy aankoms dood verklaar is. Die weermag het onlangs ‘n nuwe inname van rekrute aangekondig. Na sy 2022-inname het die 24-jarige Efraim Ndeshaanya in Augustus gesterf tydens ‘n fiksheidstoets op Eenhana.