NDF-soldaat verdrink by Walvisbaai
’n Lid van die Namibiese weermag het by Independence Beach by Walvisbaai verdrink. Volgens inspekteur Illeni Shapumba van die Namibiese polisie in die Erongo-streek, is die 32-jarige man deur sy vriende en lewensredders probeer red nadat hy verdrink het en paramedici is na die toneel ontbied. Die soldaat is met ‘n ambulans na die Walvisbaai-staatshospitaal vervoer, maar is met sy aankoms dood verklaar. Die oorledene is geïdentifiseer as 32-jarige Alfeus Salatiel, in diens van die ministerie van verdediging as soldaat. Volgens Nampol is sy naasbestaande van sy dood ingelig.