NDF, Botswana Weermag werk met grens-gemeenskappe

Die Namibiese Weermag en die Botswana Weermag het ‘n gesamentlike siviele-militêre samewerkingsplan onderteken wat daarop gemik is om gemeenskappe wat langs die gemeenskaplike grensgebiede woon te sensitiseer oor wettige bewegings by Katima Mulilo. Die adjunk-uitvoerende direkteur in die verdediging-ministerie, Petrus Nathinge, wat die gesamentlike persverklaring namens die twee lande gelees het, het sê die veldtogte sal in twee fases gedoen word. Dit sal 21 dorpe in Botswana en 19 in Namibië dek.