Ndeitunga gesels oor onwettige vuurwapens, sê daar’s oorgrenshandel

Die voormalige hoof van die Namibiese polisie, luitenant-generaal Sebastian Ndeitunga het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat oor onwettige vuurwapens. In die buurland het die polisie in Gauteng aangekondig dat hy binne ‘n tydperk van ses weke beslag gelê op meer as 900 ongelisensieerde vuurwapens en byna 10 000 rondes ammunisie. Plaaslik is daar al hoe meer gewapende rooftogte en die besit van die onwettige vuurwapens wek kommer by owerhede. Ndeitunga sê daar is baie oorgrens beweging van vuurwapens, ook vanaf Namibië, veral na die bevrydingstryd.