NBL se wynbotteleringslyn ‘goed vir industrie’

Lucia Iipumbu, minister van industrialisasie en handel, het die belangrikheid van Namibia Breweries Limited se nuwe wynbotteleringslyn vir die land se drankvervaardigingsbedryf beklemtoon. Sy sê die bekendstelling van die lyn is ‘n deurslaggewende stap in die land se pogings om sy ekonomie te diversifiseer en plaaslike nywerhede te versterk. Iipumbu het by die bekendstelling gepraat.