NBL poog vir verantwoordelike drinkgewoontes, reg deur die jaar

Kenners in Namibië is dit eens dat drankmisbruik die oorsaak van talle maatskaplike euwels is en veroorsaak ook die bloedvergieting op die land se paaie. In die verband het Namibia Breweries sy ‘Take a Second-veldtog’ geloods met die hoofdoel om mense aan te moedig om verantwoordelike besluite oor drankgebruik te maak. Die brouery se bestuurder vir korporatiewe aangeleenthede, Surihe Gaomas-Guchu, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.