NBL loods ‘Take a second’-veldtog

Namibië Brouerye het sy jaarlikse bewusmakingsinisiatief vir verantwoordelike alkohol-verbruik, getitel ‘Take a second’, bekend gestel. Die veldtog spoor mense aan om ‘n bietjie te dink voordat hul drink en om verantwoordelike besluite oor alkoholverbruik te neem. Kosmos 94.1 Nuus het met Surihe Gaomas-Guchu, die Brouerye se bestuurder van korporatiewe sake gepraat, wat die gemeenskap aanmoedig om verantwoordelik te drink gedurende die feesseisoen.