Nazi-tikster skuldig bevind aan aandadigheid van moorde

‘n Voormalige sekretaresse wat gewerk het vir die aanvoerder van ‘n Nazi-konsentrasiekamp, is aan aandadigheid skuldig bevind in die moorde op meer as 10 500 mense. Die 97-jarige Irmgard Furchner was ‘n snelskrif-tikster in Stutthof vanaf 1943 tot 1945. Sy is die eerste vrou in dekades wat verhoor is vir Nazi-misdade en is ‘n opgeskorte vonnis van twee jaar opgelê. Hoewel sy ‘n gewone burger was, het die regter ingestem sy was ten volle bewus van wat in die kamp aangaan. Sowat 65 000 mense het volgens berekeninge in aaklige toestande in Stutthof gesterf.