Nawa: Waar is die padtekens teen gevaar van diere op Rehoboth-pad?
Die Namibiese Dierewelsyns-vereniging, bekend as Nawa, doen weer eens ’n beroep op die Namibiese Paaie-owerheid om padtekens oor die gevaar van wilde diere op die B1-pad tussen Rehoboth en Windhoek op te rig. Daar was al talle botsings van voertuie met wilde diere en vee op die besige pad. Volgens Heather Craemer, Nawa se voorsitter, het sy die owerheid al ‘n paar keer genader en hulle het ooreengekom dat hulle die padtekens op die pad sal aanbring. Craemer het met Kosmos 94.1 Nuus gesels.