Nawa sê skou-vuurwerke is onaanvaarbaar
Die Namibiese dierewelsynsorganisasie, Nawa, sê hy soek antwoorde by Stad Windhoek oor die toestemming wat aan die Windhoek-skou gegun is om sy jaarlikse vuurwerkvertoning te hou. Die geleentheid is uiters gewild onder lede van die publiek maar daar is ‘n groot nadelige impak op diere. Heather Craemer van die organisasie sê internasionaal beweeg regerings weg van vuurwerke en Namibië doen hom voor as ‘n land wat bewaar, maar wat van die troeteldiere?