Navorsingsprojek by Gobabis oor geofisiese ertsverkenning

Desmex is ‘n gesamentlike navorsingsprojek vir die ontwikkeling van nuwe geofisiese ertsverkennings-metodes in Namibië en word gelei deur die Universiteit van Münster in Duitsland. Die hoofdoel is om die ontwikkeling van elektromagnetiese metodes op die grond en die lug, om sodoende erf-afsettings tot op ‘n diepte van een kilometer te verken. Vlugte vir die opname sal tussen 64 en 105 kilometer van Gobabis vanaf 30 Januarie tot middel Februarie plaasvind. Die helikopter sal op Gobabis gestasioneer wees en sal 600 meter bo die grond vlieg.