Navorsing toon mikroplastiek-besoedeling sal toeneem

Plastiekkorrelbesoedeling gaan erger word soos die vervaardiging van plastiek en hergebruik toeneem. Dit blyk uit ‘n verslag opgestel deur kundiges van Oracle Environmental. Die verslag gaan die plastiekkorrel-voorsieningsketting na, ken bekende besoedelingsgebiede uit en gee opgedateerde beramings van die aantal plastiekkorrels wat verlore gaan vir die globale omgewing. Altesaam ongeveer 41 groot besoedelingsgebiede is aangetref. Die kenners vra ‘n sterk Globale Plastiekverdrag, veiliger berging en ‘n wetlike voorsieningskettingbenadering om die verseker dat korrelverlies verhoed word.