Navorsing oor plaagbeheer
Navorsers meen die bewaring van ongewerweldes waarborg plaagbeheer en verhoogde produktiwiteit, sonder om eko-stelsels te skaad. Plae is verantwoordelik vir ongeveer 10 persent van oesverliese elke jaar, en die beheer daarvan het gelei tot die wydverspreide gebruik van chemiese plaagdoders. Navorsers in Brasilië, die VSA en die Tsjeggiese Republiek het nou vorige navorsing oor roofdierplaagbeheer ontleed. Hulle het bevind dat ongewerwelde diere gehelp het om plaagbevolkings met meer as 70 persent te verminder, terwyl oes-opbrengste terselfdertyd met 25 persent toegeneem het.