Navorsing oor landelike opvoeding

‘n Projek deur die Universiteit van Namibië en die Iowa State University, Strengthening University Systems to Improve Rural Education, vorder goed. Die Unam-spanne werk ywerig saam aan navorsing en fokus op die identifisering en dokumentering van beste praktyke in landelike onderwys in beide die Iowa- en Namibiese konteks. Sodra dit voltooi is, sal die vakkundige referate binne die akademiese gemeenskap versprei word. Simon Namesho, die woordvoerder van Unam, het met Kosmos 94.1 Nuus gesels oor die projek se vordering.