Navorsing, ontwikkeling suig aan agterspeen
Namibië se verbintenis tot navorsing- en ontwikkeling-investering skiet steeds tekort, met totale uitgawes wat op ‘n blote 0,73 persent van BBP staan. Tegnologie en innovasie-minister Itah Kandjii-Murangi het dit bevestig in die onlangs vrygestelde Navorsing en Uitgawe-opnameverslag wat die tydperk 2021 tot 2022 dek. Volgens die Wêreldbank word Namibië se ekonomie op 248 miljard Namibiese dollar gewaardeer. As die land by die 1 persent N&O-uitgawe standaard gehou het, sou dit neerkom op ‘n minimum belegging van 2,48 miljard dollar. In werklikheid is slegs 1,81 miljard dollar bestee in 2021 en 2022, soos onthul deur die opname.