Navorsing na antibiotiese weerstand

Ervare wetenskaplikes en geneeshere van PediCAP en SNIP-AFRICA het onlangs grensverskuiwende wyses bekend gemaak om antibiotika-navorsing te bevorder wat op die behoeftes van kinders en hulle gesinne fokus. Volgens die Wêreldgesondheidsorganisasie was antimikrobiese weerstandigheid in 2019 wêreldwyd verantwoordelik vir 1,27 miljoen sterftes waarvan een uit vyf ʼn kind jonger as vyf was. SNIP-AFRICA sal nou kliniese proewe en farmakokinetiese studies uitvoer om die optimale antibiotika-dosis en gesondheidsreëls te identifiseer wat die sterftesyfer onder pasgebore babas wat aan middel-weerstandige sepsis sterf, aansienlik kan verlaag.