Navo se Rutte sê ondersteuning vir Oekraïne is onwrikbaar
Die president van Oekraïne, Volodymyr Zelensky, sê ‘n skietstaking met Rusland is nie deel van die samesprekings met Europese bondgenote nie terwyl hy vir groter Westerse steun voor die begin van die winter vra. Hy het sy voorgestelde oorwinningsplan met die leiers van Brittanje, Frankryk en Italië bespreek asook die nuwe sekretaris-generaal van Navo, Mark Rutte, as deel van sy besoek aan Europese hoofstede. Rutte sê dit is noodsaaklik om Oekraïne steeds van wapens, opleiding en befondsing te voorsien: