Navo-ministers herkou aan 100 miljard euro-fonds vir Oekraïne

Navo-ministers van buitelandse sake vergader vandag om te militêre steun vir Oekraïne op ‘n langtermyn-grondslag te bespreek, insluitend ‘n voorstel vir ‘n 100 miljard euro in ‘n vyfjaarfonds. Die voorstelle deur Navo se sekretaris-generaal Jens Stoltenberg sal die Westerse alliansie ‘n meer direkte rol gee in die koördinering van die verskaffing van wapens, ammunisie en toerusting aan die Oekraïne terwyl dit Rusland se inval beveg.