Navo-lede sal Oekraïne bystaan met energie-infrastruktuur

Die vergadering van ministers van buitelandse sake van Navo-lande in Boecharest het onderneem om verdere militêre ondersteuning aan die Oekraïne te bied sowel as om hulp te verleen met die land se kragtekorte. Dit sluit nie net bystand in verband met infrastruktuur nie maar ook kragopwekkers en brandstof daarvoor. Die sekretaris-generaal van Navo, Jens Stoltenberg, sê dit stuur ‘n duidelike boodskap aan Rusland.