Navo-baas se kuier in Oekraïne maak Kremlin warm onder die kraag
Rusland het skerp gereageer op die besoek van die sektretaris-generaal van Navo, Jens Stoltenberg aan die Oekraïne. Stoltenberg het President Volodymyr Zelensky besoek en weer beklemtoon dat die land by Navo moet, en sal aansluit.
Die Kremlin sê Navo se ooswaartse neiging in Europa is die hoofrede vir sy sogenaamde spesiale operasie in sy buurland wat op 24 Februarie verlede jaar begin het.