Navo, Amerika het Oekraïne help beplan aan inval: Putin-assistent
’n Invloedryke assistent van Russiese president Vladimir Putin, Nikolai Patrushev, sê dat die Weste en die Amerika-geleide Navo-alliansie gehelp het om die Oekraïne se verrassingsaanval op Rusland se Koersk-streek te beplan. Die snel-inval, die grootste in Rusland deur ‘n buitelandse moondheid sedert die Tweede Wêreldoorlog, het op 6 Augustus begin toe duisende Oekraïense troepe Rusland se westelike grens oorgesteek het in ‘n groot verleentheid vir Putin se weermag. Maar Amerika en Westerse moondhede sê dat die Oekraïne nie vooraf kennis gegee het nie en dat Washington nie betrokke is nie, alhoewel wapens wat deur Brittanje en Amerikaverskaf is, na wat berig word in Rusland gebruik is.