Navalny verwag nog 20 jaar by vandag
Die Russiese opposisiepolitikus Alexei Navalny verwag dat die hof vandag sy tronkstraf met byna 20 jaar sal verleng. Die 47-jarige Navalny President Vladimir Putin se grootste kritikus, dien reeds vonnisse van altesaam 11 jaar uit op bedrog en ander aanklagte wat volgens hom ook vals is. Sy politieke beweging is verbied en as ekstremisties verklaar. Staatsaanklaers het die hof gevra om hom nog 20 jaar in ‘n strafkolonie te gee op ses afsonderlike kriminele aanklagte, insluitend die aanhitsing en finansiering van ekstremistiese aktiwiteite en die skep van ‘n ekstremistiese organisasie.