Navalny se ma, prokureur toegang tot sy liggaam geweier

Die ma en die prokureur van die voormalige Russiese opposisieleier, Alexei Navalny, is volgens berigte toegang geweier tot die lykshuis waar sy liggaam gehou word. Hy is verlede week in ‘n Arktiese tronk dood terwyl hy aangehou is vir beweerde verduistering en minagting van die hof. Dit het gevolg nadat hy ‘n paar jaar gelede ‘n vermeende vergiftiging oorleef het. Westerse lande hou Rusland se regering aanspreeklik vir Navalny se dood, terwyl ‘n paramedikus sê sy liggaam toon tekens van kneusing. Die amptelike weergawe is hy het siek geword nadat hy gaan stap het en kon nie bygebring word nie.