Navalny met Madiba vergelyk

Westerse leiers het met uiterste verontwaardiging op die dood van die Russiese opposisieleier, Alexei Navalny, gereageer. Sommige het die blaam direk op president Vladimir Putin geplaas na die 47-jarige aktivis Vrydag oorlede is terwyl hy ‘n 30-jaar-vonnis in ‘n strafkamp noord van die Arktiese sirkel uitgedien het. Navalny was een van Putin se sterkste kritici. Na wat berig word, beskou van sy ondersteuners hom as Rusland se Nelson Mandela. Volgens gevangenisowerhede het Navalny siek geword terwyl hy gaan stap het, maar sy familie sê sy gesondheid was voor sy dood goed.