Naute se werkers het steeds nie krag nie

Plaaslike berigte lui dat werkers by die Naute-besproeiingsprojek, wat aan Nida behoort, in uiters swak toestande leef. Die krag by die projek is onlangs afgeskakel en ‘n gedeeltelike betaling is gemaak maar, elektrisiteit is steeds nie gekoppel by die werkers se wonings nie. Daar word berig hulle kos word vrot en as gevolg van die erge hitte, moet hulle buite slaap eenvoudig omdat hulle huise te warm is. Blykbaar word die werkers ook nie op tyd betaal nie. Daar word berig dat Nida intussen gesê het 800 000 Namibiese dollar is aan NamPower oorbetaal om die krag by die werkers weer te koppel.