Natuurrampe kos Papoea-Nieu-Guinee N$2-miljard
Papoea-Nieu-Guinee se eerste minister, James Marape, blameer buitengewone reënval en veranderde weerpatrone vir die talle rampe wat dié eilandnasie in die Stille Oseaan al vanjaar getref het. Dit volg nadat ʼn grondstorting in die Enga -provinsie Vrydag meer as 2 000 mense begrawe het. Die ramp het tot 70 000 mense wat in die gebied woon, geraak. Marape sê natuurrampe het die land vóór die Enga-ramp vanjaar reeds meer as 2 miljard Namibiese dollar gekos.