Natuurrampe belemmer China se ekonomie
Oorstromings, droogtes, ‘n aardbewing en ysige toestande in China het in die eerste kwartaal direkte ekonomiese verliese van 3,28 miljard Amerikaanse dollar veroorsaak. Die ministerie sê die rampe het 79 mense gedood terwyl 110 000 hervestiging nodig gehad het. Meer as 10 miljoen mense oor 26 streke en provinsies is geraak. Ander natuurrampe sluit in ‘n droogte in die suidweste wat 424 00 hektaar se oeste verwoes het, sandstorms in die noordweste en bosbrande in die suidweste. Verlede jaar het natuurrampe in China 47,7 miljard Amerikaanse dollar se direkte ekonomiese verliese veroorsaak.