NaTIS-kantore bly langer oop
Die publiek word daaraan herinner dat die Padowerheid hul werksure op Saterdae gedurende Desember by die Swakopmund- en Walvisbaai NaTIS-sentrums verleng. Die inisiatief het ten doel om opeenhoping te verlig en beter toeganklikheid tot hul dienste oor die feestyd te bied. Die NaTIS-kantore in Windhoek sal ook oop wees regdeur Desember en Januarie. Kosmos 94.1 Nuus het met Hileni Fillemon, die Padowerheid se woordvoerder, gepraat wat meer inligting gee.