Natalie se bene was gebreek
Ontstellende getuienis is in die hoërhof in die moordsaak van die nege-jarige Natalie Chipomho gelewer. Polisiespeurder Josef Ndokosho het getuig en sê haar bene was gebreek en haar liggaam was onherkenbaar verbrand. Drie Zimbabwiese burgers, Chipomho se ma, Rachel Kureva, haar pa Edward Nkata en die se vrou Caroline Nkata word daarvan beskuldig word dat hulle Natalie wreed aangerand het en haar vermoor het. Die staat voer aan hulle het haar lyk in ‘n asdrom in Windhoek-Noord aan die brand gesteek. Die saak duur voort voor regter Philanda Christiaan.