Nasionalisering weer op die tafel in SA

Die algemene werkersvakbond Giwusa eis die onmiddellike nasionalisering van die oliebedryf en raffinaderye, wat hulle onder die demokratiese beheer van die werkersklas sal plaas. Die woordvoerder van Giwusa, Koketso Phasha, sê die huidige polities-ontplooide leierskap van die Sentrale Energiefonds het misluk. Phasha sê hulle het voorheen al aangevoer die nuut-gestigte Suid-Afrikaanse Nasionale Petroleummaatskappy is ‘n goeie geleentheid om energie-armoede en ontkoling aan te pak.