Nasionale Vuisballiga-toernooi eindig 2023 seisoen
Die Bank Windhoek Nasionale Vuisballiga-toernooi skop om half-nege by die Cohen-vuisbalklub in Windhoek af. Cohen-vuisbalklub 1 en 2, Sport Klub Windhoek 1 en 2 en Swakopmund Vuisbalklub 1 sal om spogregte in Kategorie A meeding. Benewens die gasheer, Cohen-vuisbalklub 3, het ses spanne van S-K-W in Kategorie B geregistreer, terwyl Swakopmund Vuisbalklub twee spanne in die groep ingeskryf het. Twee vrouespanne sal mekaar ook in die jeugkategorie pak, waar die Onder-11 en Onder-14 spanne sake sal uitspook. Ná die eindstryd sal ’n toekenningseremonie plaasvind om die top-presteerders in die 2023-seisoen te vereer. Die uitgebreide jeuggroep vir die 2024 Wêreldbeker in Chili en hul afrigters sal ook hier aangekondig word.