Nasionale Vergadering hervat (uiteindelik) môre

Die Nasionale Vergadering sal môre weer om half-drie byeenkom na ‘n reses. Verskeie sleutelitems is op die agenda, insluitend die heroorweging van die Huwelikswetsontwerp. Dit is al bespreek maar parlementslede sal na verwagting oor die bepalings daarvan beraadslaag asook moontlike wysigings. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met die parlement se woordvoerder, Sakeus Kadhikwa, wat meer inligting gee.

Die parlement sal ook die wetgewing, wat die belastingverligting in werking sal stel, bespreek sodat die korting in werking kan tree.