Nasionale sensus se aanstellings skop af

Die publiek kan nou aansoek doen vir vakante poste vir die nasionale sensus wat op 18 September begin en op 3 November tot ‘n einde kom. Poste is beskikbaar op die webtuiste van die Namibiese Statistieke-agentskap en aansoeke sluit op 30 Junie. Die sensus is uiters belangrik vir die land om voldoende beplanning te kan maak en is reeds ‘n paar jaar vertraag as gevolg van finansiële uitdagings. Die voorsitter van die agentskap se raad, Salomo Hei het met Kosmos 94.1 Nuus gesels en moedig die jeug aan om vir die poste aansoek te doen.

Die data-insameling gaan op die einde van die dag oor dienslewering.