Nasionale Seereddingsinstituut help George-inwoners midde vloede

Die Nasionale Seereddingsinstituut is ingeroep om die George-munisipaliteit by te staan om mense wat te midde van wydverspreide vloede vasgekeer is te red. Meer as 100 millimeter reën is sedert gisteraand gemeet en die stad doen ‘n beroep op inwoners om paaie te vermy. Daar word steeds verskeie verslae van stormskade aangemeld. Die Suid-Afrikaanse Weerdiens sê die ongunstige weerstoestande kan vir ‘n paar dae voortduur. Die instituut se woordvoerder, Craig Lambinon, sê die Suid-Kaapse tak staan die nooddienste by.