Nasionale Raad keur Jerry se omstrede wetsontwerpe goed July 20, 2023
Die omstrede wetsontwerpe wat selfdegeslaghuwelike verbied, is in die Nasionale Raad goedgekeur. Wysigings is aan die Huweliks-wetsontwerp aangebring wat spesifiek die definisie van die woord “gades” na man en vrou verander soos deur die Swapo veteraan Jerry Ekandjo in die Privaatlede-wetsontwerp in die Nasionale Vergadering ter tafel gelê is het. Ná beide die wetsontwerpe in die komitee-stadium in die Nasionale Raad bespreek en goedgekeur is, sal hulle nou na die Nasionale Vergadering terugkeer vir wysiging of goedkeuring. Daarna sal die konsepwette aan President Hage Geingob gestuur word vir ondertekening, waarna dit in die Staatskoerant gepubliseer sal word.