Nasionale pensioenfonds-proses ‘aan die gang’

Namibië sukkel om ‘n nasionale pensioenfonds te stig weens te veel teenstrydige eise van belanghebbendes oor die ontwerp daarvan. Daar was ‘n reeks pogings oor die jare was om die NPF wat deur Artikel 34 van die Wet op Maatskaplike Sekerheid van 1994 tot stand gebring is in werking te stel, maar dit was futiel. Die fonds is bedoel vir mense wat nie deur bestaande pensioenfondse gedek word nie. Tydens kabinetskomitee-inligtingsessies met die ministerie van arbeid, nywerheidsverhoudinge en werkskepping, het die minister, Utoni Nujoma, gesê dat die stigting van ‘n nasionale pensioenfonds ‘n proses is en konsultasies is aan die gang.