Nashville-vrou brand los, skiet drie 9-jarige kinders, drie ander

Ses mense waaronder drie kinders is doodgeskiet by ‘n laerskool in Nashville, Tennessee. Die polisie sê die skieter wat as die 28-jarige Audrey Hale geïdentifiseer is, het die Covenant-skoolgebou deur ‘n sydeur binnegegaan, gewapen met twee aanvalsgewere en ‘n handwapen. Die polisie het Hale doodgeskiet. Dit is die 129ste massa-skietvoorval vanjaar in Amerika. President Joe Biden het ‘n beroep op die kongres gedoen om op te tree teen wapengeweld: