Nascam se tantieme beloop N$1,9m

Die Namibiese Musiekregtevereniging, Nascam, het tantiemes van 1,9-miljoen Namibiese dollar vir die jaar aangekondig. Die uitvoerende hoof van Nascam, Albert Nicanor, sê tien persent van die verklaarde tantièmes word opsygesit vir die maatskaplike beskerming van al sy lede. Hy benadruk dit het ten doel om die welsyn van Nascam-lede te steun en bevorder. Nicanor sê die mikpunt is om die bedrag wat versprei word, nog verder te verhoog: