Nascam hou môre hul algemene jaarvergadering

Die Namibiese Vereniging vir Komponiste en Outeurs van Musiek, Nascam, nooi lede uit na hul algemene jaarvergadering. Dit vind môreoggend om tien-uur by die Nascam-huis plaas. Die uitvoerende hoof John Max sê aan Kosmos 94.1 Nuus ‘n nuwe raad sal verkies word en na maniere gekyk word hoe die organisasie vooruit kan beweeg. Slegs geregistreerde lede is uitgenooi.