Nasa sien pool-sikloon by Uranus

Nasa het vir die eerste keer ‘n kolkende sikloon by Uranus se noordpool opgemerk. Uranus bly die die mees onontginde planeet, met net een ruimtetuig wat in die 1980’s verby die planeet gevlieg het. Vooruitgang in grondgebaseerde teleskope beteken dat ons Aarde-bewoners nou ongekende uitsigte van die ysreus kan kry. Deur die Very Large Array-teleskoop te gebruik, het Nasa-wetenskaplikes vir die heel eerste keer gesien wat hulle glo ‘n pool-sikloon by Uranus se noordpool is. Kosmos 94.1 Nuus het met dr. Riaan Steenkamp, hoof van die fisika-afdeling van Unam, gesels…