Nasa kyk heel anders na sonsverduistering

Miljoene mense regoor Mexiko, die VSA en Kanada het gister ‘n algehele sonsverduistering aanskou. ‘n Geraamde 32-miljoen mense het toegang gehad tot die baan waarin die maan tussen die aarde en die son beweeg en sy lig volledig verskans het. Die adjunkhoof van Nasa, Pam Melroy, sê die verduistering was ‘n uitsonderlike geleentheid vir wetenskaplikes om data in te samel en die aarde, maan en son op verskillende maniere te bestudeer: