Napoli wen, eerste keer sedert 1990

Napoli het hul eerste Italiaanse Serie A-titel sedert 1990 verower toe hulle in die Dacia Arena een-elk gelykop geëindig het teen Udinese. Victor Osimhen het die gelykmaker in die 52ste minuut aangeteken, en só verseker dat Napoli die enkele punt behaal wat hulle benodig het om die titel te verower. Hul teenstanders, Lazio en Juventus, kan hulle nou nie meer in die oorblywende vyf wedstryde inhaal nie. Napoli se eienaar en president, Aurelio De Laurentiis, sê die oorwinning is die begin van ‘n nuwe era vir die klub: