Napha se lidmaatskap verouder, jonges sluit nie aan nie

Die Namibië Professionele Jagvereniging staar ‘n uitdaging in die gesig weens ‘n lidmaatskap wat verouder en minder jonger jagters wat by sy geledere aansluit. Om dit aan te spreek, was daar ‘n voorstel om ‘n Jong Jagterskomitee te stig. Dit gaan nie net oor ‘n groter ledetal nie, maar ook om die jonger geslag by die vereniging se aktiwiteite te betrek en sy relevansie en volhoubaarheid te verseker. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Napha president Axel Cramer, oor hulle planne in die verband.

Trofeejag het skerp afgeneem tydens die Covid-19-pandemie en hoewel die hoë syfers van 2019 nog nie weer bereik is nie, is Cramer positief oor die toekoms.