Napha reageer op aantygings oor Mwezi-jag
Die omstrede trofeejag van die woestyn-aangepaste leeu Mwezi op 11 Oktober 2023, wat in die Skedelkus Nasionale Park geskiet is, is steeds in die nuus. Izak Smit van die Desert Lion Human Relations Aid, sê daar is ‘n gebrek aan deursigtigheid en aanspreeklikheid by die omgewingsake-ministerie, wat weier om op hul navrae te reageer. Smit voer ook onder andere aan dat die leeu onwettig as probleemdier verklaar is om ‘n winsgewende trofee te skep. Kosmos 94.1 Nuus het reaksie hierop gekry van Axel Cramer, president van die Namibië professionele jagvereniging, Napha.