Napha lig weer voordele van trofeejag uit

Die fopnuus-plasing van ‘n Brit wat drie jong jagluiperds in Namibië geskiet het, het weer die fokus op trofeejag in die land geplaas. Die jagvereniging Napha het skerp gereageer hier op maar het ook weer die ekonomiese voordele van die bedryf uitgelig. Elke jagter wat die land besoek betaal vir die lewensbestaan van nege Namibiërs en teen die einde van die jaar sal die industrie ongeveer 16 126 werksgeleenthede geskep het. Die jagbedryf bring ongeveer 350 miljoen Namibiese dollar jaarliks die land in.